Wat is ‘n huis sonder `n Moeder?

Ek kan ook nie anders om hulde te bring aan elke oefenma nie – of jy hardloop, gym, fietsry, Crossfit, swem, boks, Pilates, BootyBarre of Step, “I see you”. “I see what you do”. Niemand in die huis sê dalk elke dag hoe trots hulle op jou is dat jy jou oefenkleertjies aantrek en gaan oefen nie, maar eendag gaan die voorbeeld wat jy stel inslag vind in jou kinders se leefstylkeuses. Glo my.

DIE ONAANTASBARES

Onaantasbaar – so dink ons moet ons rolmodelle wees. Ons weet goed hulle is feilbare wesens, maar ons plaas hulle al te graag op troontjies as hulle `n bal kan skop of `n noot kan sing of woorde mooi kan opsê wat iemand anders vir hulle geskryf het. En dan, die dag as hulle van daai troontjies afval, is ons geskok.