HUISARRES?

My wens vir jou is dat jy jouself die volgende paar dae elke dag aan die kraag sal optel en hoop sal kies.   Daar is steeds baie snaakse en mooi goed – jy moet net weet waar om te soek.  Moenie heeldag in jou pantoffels rondsloef nie, moenie ophou oefen nie, eet mooi, vertroetel jou mense en hou vas aan Hom soos `n drenkeling in die oop see.