DIE KUNS VAN KUIER…

…Maar tog is dit `n voldwonge feit dat mense minder kuier as veertig jaar gelede… Hoekom kuier ons nie meer so baie oor en weer nie? Omdat ons dit nie na donker op straat kan waag nie en liewer skuil agter ons hoë Fort Knox mure? Omdat ons nie kans sien om met stokstywe nekke laataand voor ons motorhekke tot stillstand te kom en te wonder of een of ander skermunkel ons oor die kop gaan slaan nie?

Toustaners

Ons staan tou om `n draai te loop in Menlyn se Ster-Kinekor, ons staan tou om geld te trek by die kitsbank, ons staan tou in die kasregisterry by Checkers en in nog `n tou by die kreupel poskantoor. By die lisensie-kantoor gaan dit nog erger, danksy `n “swak rekenaarstelsel” wat geskryf is vir mense wat nie haastig is nie.

SURPRISE, SURPRISE…

I realised that the greatest art in life is saying yes to the surprising reality of life – the things we cannot change. “I like the serendipitous surprises of reality”, wrote the American author Lawrence Wright after the tragedy of 9/11. “That doesn’t mean you are ambivalent or do not care. Rather you are less attached to outcomes, given your passive state of anticipation…”