
Gelukkige Moederlewe, aan elke ma wat pleisters opplak, einas soen, en elke aand laaste gaan slaap.
Gelukkige Moederlewe, aan elke ma wat pleisters opplak, einas soen, en elke aand laaste gaan slaap.
Ons ma het geglo as jy gaan wag tot jou kop reg voel om `n ding te doen, gaan jy altyd wag. En ek glo met my hele wese daardie stukkie waarheid het sy ook in ons kinders ingeprent.
Ek kan ook nie anders om hulde te bring aan elke oefenma nie – of jy hardloop, gym, fietsry, Crossfit, swem, boks, Pilates, BootyBarre of Step, “I see you”. “I see what you do”. Niemand in die huis sê dalk elke dag hoe trots hulle op jou is dat jy jou oefenkleertjies aantrek en gaan oefen nie, maar eendag gaan die voorbeeld wat jy stel inslag vind in jou kinders se leefstylkeuses. Glo my.