DIE ONAANTASBARES

Onaantasbaar – so dink ons moet ons rolmodelle wees. Ons weet goed hulle is feilbare wesens, maar ons plaas hulle al te graag op troontjies as hulle `n bal kan skop of `n noot kan sing of woorde mooi kan opsê wat iemand anders vir hulle geskryf het. En dan, die dag as hulle van daai troontjies afval, is ons geskok.