Vanselfsprekend. Die Engelse noem dit “entitlement”. Ek is geregtig daarop. Ek kwalifiseer daarvoor. Dit kom my toe. En dit gaan oor veel meer as tamaties. Ons haal so vanselfsprekend op `n koue dag `n warm baadjie uit ons kas. `n Baadjie met baie ander maters in allerhande kleure en groottes vir `n variasie van geleenthede en temperature.