Ons staan tou om `n draai te loop in Menlyn se Ster-Kinekor, ons staan tou om geld te trek by die kitsbank, ons staan tou in die kasregisterry by Checkers en in nog `n tou by die kreupel poskantoor. By die lisensie-kantoor gaan dit nog erger, danksy `n “swak rekenaarstelsel” wat geskryf is vir mense wat nie haastig is nie.