Hy gesels oor kommer en oorlewing, prestasie en twyfel, opstandigheid en oorgawe. Elke storie laat jou met ‘n lewensles. En deurentyd is dit duidelik – hy is anders as ander kunstenaars – toe die gehoor wil saamkliek met die vingers is hy vinnig om te sê: “Hierdie is nie `n groepsaktiwiteit nie…☺”