Dalk moet ons almal in 2019 so bietjie meer gepla raak met die maan – met kinderlike opgewondenheid meer ingestel raak op die klein wonderwerke, en meer daarna uitsien om ons omstandighede te verander vir onsself. Ophou om ander te blameer vir ons gewig, ons vooroordele, ons hartseer en ons vrese.