Ek het die afgelope paar weke geleer dat die enigste ding waaroor ek beheer het, dit is wat ek dink, doen en sê. Ek het geleer dat ons met veel minder kan klaarkom as wat ons nog altyd gedink het. Wat ons het IS net genade. Wat ons het, IS net geleen. En nou is dit Paasfees.
Wanner die lewe ons van ons rusbanke en troontjies kom afstamp, dan maak die klein jakkalsies skielik nie meer saak nie. Driehoek se tragedie sê siesa dat ons teem oor toonnaels en boetebessies en kilogramme. Ons moet `n slag weer verby die chaotiese brousel van werkstres en skoolstres en lyfstres en deurmekaar huise en te min tyd en tot tien tel en rekeninge kyk, en net weer `n slag dankie sê. Leer. En luister.