Ek het regtig nie trooswoorde nie. Ek het my mammie verloor, maar van jou hartseer, Martie, dra ek nie kennis nie. Dié wat dit al beleef het sê dis `n stuk van jou lewensreis met baie donker kolle, en dié wat uit kennis en ondervindings skryf sê vir hierdie rouproses is daar nie `n stel reëls wat jy kan volg en skielik is jy oor dit nie.

