…Mag jy hierdie Kersfees saggies dra wanneer jy jouself “opcheck”. As jy, soos ek, hier in die doodsnikke van 2019 probeer orde skep van die warboel goeters en laaste verpligtinge in jou kop, mag ons elkeen opnuut vrede vind in die wete dat Sy genade vir ons genoeg is.