BYGELOOF OF BOERERAAT?

Bygelowe sal waarskynlik `n deel van die lewe bly so lank as wat mense…onseker oor die toekoms is.  Beteken `n springende linkeroog dat goeie geluk om die draai is?  Ek weet nie.  Dalk.  `n Kuberdokter op health24.com meen die oogspier is dalk net so `n bietjie ooreis.  Help koeksoda en suurlemoen om vet te verbrand?  Ek weet nie.  Dalk.  Ek weet VNHM werk nog beter – Vreet net die helfte minder.