Môre begin ons 8-week-lange Somer Challenge! 117 lede het hulself reeds opkommandeer om vir oulaas in 2019 hul gemaksones vaarwel te roep en dié uitdaging die hoof te bied. Vir baie is dié Challenge `n eerste, vir `n paar ander is dit al hul 12de een.
Dié Challenge gaan `n tawwe een wees – 32 sessies in 8 weke klink maklik, veral as jy so `n lekker paar maklike ekstratjies kry vir Facebook-plasings deel en so aan… die enigste moeilikheid is dat dit dié slag nie so eenvoudig gaan wees nie – ons Challenge-lede gaan die oefen-ding behoorlik moet doen om suksesvol anderkant uit te kom.
Ek kan nie help om in die stilligheid te wonder nie – as my lede ‘n opstel moes skryf oor “`n Dag in die lewe van `n Challenge-lid”, wat sou hul sê…?
Ek dink vir baie is dit `n nou-of-nooit-of-te-wel-nie-in-2019-nie-Challenge. Ek weet `n paar doen dit net vir die kans op die gelukkige trekking (en dis ook goed), want dié 1 uit omtrent 95 kans op ‘n koevert vol kontant is `n meevallertjie wat regtig nooit te versmaai is nie. Daar’s ‘n stewige lotjie lede wat `n goeie 2019 agter die rug het en vir wie hierdie Challenge dalk net daardie laaste lekker kersie-op-die-koek-ene gaan wees. Dan is daar ook die paar benoude bedruktes, wat my skepties en skeefkoppie aankyk oor die “body assessments”. “Ek hét dan die afgelope twee weke nie `n voetjie verkeerd gesit nie en net 1kg verloor, Mirna, wat kan dan nou anders wees in die Challenge…?”
Ek weet nie, ek dink dis tog `n lekker vooruitsig om weer te kan begin, die speelveld is heeltemal oop en gelyk en enigeen kan op 21 November tydens ons jaareindfunksie aanspraak maak op die titel Somer Challenge-wenner 2019… Enigeen.
Maar of jy nou jou ogies rol vir ons Challenges en anderpad kyk, of niks daarvan weet nie, maak nie saak nie, almal van ons is vertroud met hierdie ding van oor of nuut begin. Herbesin. Weer begin. Oor begin. Van voor begin. Skoon begin. Nuut begin.
Noem dit net wat jy wil, dis `n goeie ding. Esther Perel, die Belgiese huwelikskenner het nie verniet gesê: “There is no greater other than a different version of yourself…” Ons “spring-clean” ons kaste, kleur ons hare, gaan stap oor die Spaanse vlaktes om iets in ons heel te maak, en begin altyd oefen en dieet op `n Maandag… Maar ai, ek weet, dis nie maklik nie – teen Dinsdag staan ons op in dieselfde pajamas en in dieselfde yskas maak ons presies dieselfde koskeuses en so leef ons van voorneme tot voorneme tot voorneme…
Onlangs lees ek in `n Blog hierdie waar woorde: “We don’t have to start over, we get to start over.” Mooi, né!? Ons moet bietjie anders daarna begin kyk. Weer begin beteken nie noodwendig van heel voor begin nie, dis net NUUT begin. In sy boek “The school of greatness” laat die voormalige Amerikaanse voetbalspeler Lewis Howes, dit verspotmaklik klink as hy sê: “This is your life … Begin again. Get up to the mirror, look yourself in the eyes and say, enough is enough … I’m going to make something of myself, for I’m sick and tired of feeling sick and tired.”
Dis regtig nooit te laat om weer te begin nie. Ons oudste lid, Elsa Nursey, het gedurende die Winter Challenge, op 83-jarige ouderdom, haar beste “body assessment” ooit gehad! Rita Kemp word volgende week 76, sy’t dieselfde vermag! Samuel J Hayakawa is op 70-jarige ouderdom tot die VSA se senaat verkies, en die Amerikaanse susters Sarah en Bessie Delany het hul eerste boek, die topverkoper “Having our say,” op onderskeidelik 105 en 103 geskryf! Dis nooit te laat om te begin nie.
En dis nooit te laat om nuut te begin nie…Dalk moet ons almal so bietjie verdomp ophou om so hard op onsself te wees die kere wanneer ons WEER moet begin. Die lewe is nie `n ononderbroke lyn van prestasie tot prestasie nie – vir almal van ons is dit meer dikwels twee treë vorentoe en een agteruit. Dis hoe die lewe werk.
Anriëtte Schoeman, `n Suid-Afrikaanse fietsrykampioen wat 7 keer al die Argus-titel verower het en hierdie jaar vir die 41ste keer ingeskryf het, het onlangs gesê: “Every pro was once an amateur. Every expert was once a beginner. Dream big and start now. Or start again.” Dis nooit te laat nie…
“Who told you it was too late? And more importantly, why did you choose to believe them”? vra Richelle Goodridge in “Making wishes.”
“The earth provides us a brand new beginning every twenty-four hours. It is a repeated invitation to breathe in the cool morning air and start afresh; to mimic the sunrise and brighten up while reaching once more for the sky; to carry a glad song in our heart like the early birds; and, as faithfully as the morning dew, to wash off the dust from yesterday. There are no real start-overs, only start-from-here`s.”
Ek sê dié ook sommer in Engels, dat almal mooi kan verstaan: We CAN pivot. We CAN transform what we see in the mirror to become a reflection of who we deserve to be and how we deserve to feel about yourself. Mistakes, regrets, self-loathing for what the past may or may not have looked like – none of it serves a purpose. We are exactly where we need to be. Now.
After all – Isn’t it nice to think that tomorrow is a new day with no mistakes in it yet?”
…Vandag is `n nuwe dag, more is `n nuwe week – ons kan self besluit wat ons op dié skoon blaadjies skryf. ‘n Nuwe bladsy. Blank page. Met nuwe moontlikhede en geleenthede. En ‘n onwelkome irriterende stemmetjie wat sê “Onthou, dis nog steeds jy. Jy vat jouself saam. Ek en ou ekke.
Dis dié week `n jaar gelede wat ons die InBody masjien ingewy het in die studio, en dis so lekker om presies te kan sien hoe almal se liggaamsassesserings gelyk het, toe, presies een jaar gelede, en nou…
Maar, afgesien van jou gewig en jou vetpersentasie – wie WAS jy verlede jaar hierdie tyd? Voel jy bietjie anders? Dink jy bietjie anders? IS jy bietjie anders?
Jy IS. Bloot omdat jy leef. Omdat jy leer. Omdat jy val. Omdat jy opstaan. Omdat jy liefhet. Omdat jy gereeld beter voornemens het. Daarom wens ek in hierdie laaste paar maande van 2019 nie vir jou voorspoed toe nie, want soms vind mens voorspoed juis aan die ander kant van teenspoed.
Ek wens vir jou GENOEG – genoeg vrede met presies wie jy nou is en genoeg onvrede om jouself elke liewe Maandag te wil vernuwe. En ek wens vir jou `n lente wat jou meer gaan maak van jouself – presies soos almal wat jou liefhet jou nodig het.
Mirna
082 779 0507
3 comments to “NOOIT TE LAAT…”
What an inspiring script.
I always look forward to our news letters and what’s happening in “our “ studio – cos I care about the going-on’s that Mirna treats us to and the many little surprises… the spice of life! Always variety, interest and never dull.
When I’ve been away I can’t wait to get back to the gym – as we have real fun workouts and meet our gym-friends with a smile and catch-up on their news with a little chat .
Thank you for all the time you offer up for us.
Thank you, Elsa we are so privileged to have you in our lives and in the studio.
Ek is opgewonde om te kan “weer begin” in hierdie Challenge! Dankie vir al jou inspirasie Mirna!